Wednesday, 16 June 2010

Hoe kan dit wees?

Hoe kan dit wees dat jy nie meer omgee nie?
Hoe kan dit wees dat my dinge nie meer vir jou saak maak nie?
Hoe kan dit wees dat jy nie weer gaan bel nie?
En ek nie 'n nommer vir jou het nie?

Hoe kan dit wees dat jy nie weet wat in my lewe aangaan nie?
Hoe kan dit wees dat jy iets beter ontdek het?
Hoe kan dit wees dat ons bloed nie meer dikker as water is nie?
En jou hart nou vir net Een Doel klop?

Hoe kan dit wees dat jy nie meer die beste vir my wil hê nie?
Hoe kan dit wees dat jy nie kom karring oor dinge wat ek moet verander nie?
Hoe kan dit wees dat my chaos jou nie meer bekommer nie?
En jy nie weer my lewe gaan kom uitsorteer nie?

Ek het my eie chaos begin regmaak. Ou goed weggegooi en dinge uitgesorteer. Ek wil jou vertel... jy sou bly gewees het.




Hoe kan dit wees dat hierdie ding nie tydelik is nie?
En jy regtig egtig weg is?

Ek het goed gecope. Ek was bly vir jou. Ek was sterk. Nou kan jy maar terugkom.

My trane sit vlak.
My hart is leeg.
My energie is weg.

Ek wil jou vertel hoe ek voel. Jy sou my bemoedig het. Jy sou weer die waarheid in my hart kom plant het. Jy sou my kon vashou en saam met my huil.

Hoe kan dit wees dat jy nie meer hier is nie?
Hoe kan dit wees?
Kán dit wees?

4 comments:

  1. Bly jy het dit geskryf. Dis beautiful. My hart huil saam. x

    ReplyDelete
  2. Dis pragtig. Stem saam. Is dit 'n foto uit 1 van die albums wat jy net met 'n kleur scanner gescan het?

    ReplyDelete
  3. Ja, dis uit my kinderalbum. Ek het 'n scanner by die huis as julle ooit goed wil scan. Dis bietjie van 'n mission, maar as mens tyd of lus het, is niks te veel moeite nie.

    Dankie vir die comments.

    ReplyDelete