Thursday, 25 November 2010

Ek het al weer 'n gat in my hart
Ek kry nie asem nie
Ek kan nie konsentreer nie
My gedagtes dwaal die hele tyd
Dit voel nie asof enige iets regtig belangrik is nie

Ek wens ek kon met iemand praat
Ek wil nie hê mense moet my jammer kry nie
Ek wil net hierdie las deel
My swaar, swaar las
My Mamma is weg
Sy is net 'n herinnering
Ek mis haar so
Niks is meer belangrik nie
Wat maak die werk tog saak
Die wasgoed
Die huis
Ek mis my Mamma
Ek stik aan my trane
En ek weet nie wat om te doen nie
Want sy is weg
Sy is net weg

Ek mis my Mamma


1 comment:

  1. Hey Ilse....so wonderful that you posted this today....I have been thinking about Ronelle so much lately, missing her terribly. I just wrote an e-mail to a friend in Canada this morning saying how much I miss my wonderful mother-in-law....I'm always teary when I think of her but today was more teary than other days. Thanks for being so open about your feelings....I miss her so much as well! I'm always here if you want to chat. Big hugs, lots of love, M.

    ReplyDelete